GENEALOGIE VAN DIE FAMILIE
TEN KROODE EN TEN KROODEN

Metelen

Die vanne TEN KROODE (bekend in Nederland) en TEN KROODEN (bekend in Suid Afrika) kom verseker vanuit dieselfde familie geskiedenis. In die 1780s het Johannes Gerhardus TEN KRUDEN 'n besigheidsman vanuit die dorpie Metelen in Münsterland (Noord-weste van Duitsland) hom in Amsterdam in Holland gevestig. Inskrywings in die huweliksregister verwys na TEN KRUDEN, TEN KROEDE en later TEN KROODE. Verdere inskrywings in huweliks-, geboorte- en sterfteregisters oor die die nageslag van hierdie stamvader bevat adhoc verwysings na beide vanne TEN KROODEN en TEN KROODE. Dit is egter duidelik dat die van TEN KROODE in Nederland gevestig is en dat die van TEN KROODEN in 1896 saam met Christiaan Johannes Gerhardus in Suid-Afrika gevestig is. In Duitsland het die name KRUDEN en KRUDE gevestig geraak.

ten Krude
ERKENNING

Die navorsing oor die familie TEN KROODE in Nederland is deur J A M (Joop) TEN KROODE (1925) gedoen en in Suid-Afrika het Derick TEN KROODEN (1953) die familie inligting oor TEN KROODEN nagevors. Baie van die familie het bygedra tot die versameling van inligting wat tans bestaan.

Joop & Derick

Die inligting is tans in herwerk en opdatering en nie toeganklik nie.

Derick ten Krooden, Pretoria, Suid Afrika